Digital Verbum Edition
Die volledige Naslaanbybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling. Hierdie Formeel-ekwivalente Bybelvertaling is die eerste keer in 1933 gepubliseer. 'n Hersiene uitgawe word in 1953 uitgegee. Die vertaling staan vandag bekend as die 1933/1953-vertaling en is steeds 'n baie gewilde tradisionele vertaling wat uit die Hebreeuse en Griekse brontekste vertaal is.
Malachi 2:16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here, die God van Israel, en dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die Here van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Matthew 2:5–6: En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ’n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.
Acts 4:11–12: Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Romans 10:9–10: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Romans 14:17: Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
1 Corinthians 6:17: Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
2 Corinthians 5:21: Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
2 Corinthians 12:9–10: En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
Galatians 2:19–21: want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Philippians 4:5–9: Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. …
In the Logos edition, this volume is enhanced by amazing functionality. Important terms link to dictionaries, encyclopedias, and a wealth of other resources in your digital library. Perform powerful searches to find exactly what you’re looking for. Take the discussion with you using tablet and mobile apps. With Logos Bible Software, the most efficient and comprehensive research tools are in one place, so you get the most out of your study. Die Afrikaans 1933/1953-vertaling is ook beskikbaar in gedrukte en eBoekformaat asook MP3-formaat. Besoek gerus www.bybelgenootskap.co.za vir meer inligting.
Bible Society of South Africa provides affordable Bibles for South Africans in their own language and in suitable formats so that all may experience the life-giving message of the Word of God. This organization has been providing the Scriptures to South Africans since 1820 and is a full member of the United Bible Societies, a family of one hundred and forty-six Bible Societies operating in over two hundred countries.
5 ratings
Peet Schutte
9/23/2022
Hendrik Verryn
10/23/2021
Reinhardt Stander
8/17/2020
Gerrie Kruger
7/25/2019
Prop
5/11/2019
Bernard van der Vlies
2/3/2019
AH Bogaards
5/10/2017